
Die Goue Vreugde
- Published
- 1985
- Publisher
- Human & Rousseau (Pty) Ltd
- ISBN
- 0798118458
Die Goue Vreugde is 'n pragboek vir almal wat boeke liefhet en die skoonheid van die lewe waardeer.
Die immer gewilde en geliefde skryfster Audrey Blignault bied in hierdie bladsye haar persoonlike keur van uittreksels uit die wéreld se mooiste boeke wat 'n onvergeetlike indruk op haar gemaak het. Sy deel hier met die leser haar omvattende leeservaring — fyn keuse van besielende en aangrypende stukke prosa en poésie waarmee sy deur die jare saamgeleef het.
Elke belangrike aspek van die menslike bestaan word in dié boek besing: geboorte, die liefde, herinneringe aan ouers, musiek, die natuur en die talle ander belewenisse wat die lewe goed en sinvol maak. Die onsterflike woorde van klassieke skrywers uit die wéreldletterkunde soos Tolstoi, Dostojewski en Thomas Mann staan naas die beste uit die werke van Afrikaanse skrywers en digters soos N. P. van Wyk Louw, Elisabeth Eybers,
D. J. Opperman, M.E.R., Antjie Krog en Wilma Stockenstrom, sowel as roerende passasies uit die Bybel. Talle letterkundige genres word verteenwoordig, onder meer die essay, roman, kortverhaal en die poésie.
Die gevoelvolle tekeninge van Cora Coetzee vul die teks aan en dra by tot die spesiale waarde van hierdie mooi boek vir die verfynde mens.