
Seks & Drugs & Boeremusiek
- Published
- 2000
- Publisher
- Human & Rousseau (Pty) Ltd
- ISBN
- 9780798140652
*Seks & Drugs & Boeremusiek: die memoires van 'n volksverraaier* is Koos Kombuis se outobiografie wat hy tussen Desember 1999 en Februarie 2000 geskryf het. Die boek is opgedra aan sy hond, Smith, en vertel sy lewensverhaal wat in vyf, maar saamgevat in drie, periodes verdeel is: die Rooi Periode (voor 1971), die Swart Periode (1971-1979) en die Groen Periode (1980-1986), die Infrarooi Periode (1987-1990's) en die Blou Periode (onlangs). Hy vertel van sy geboorte, sy kinderdae met verhoudings, dwelms en sy musikale loopbaan.