Lottering Library
Cover of Swakopmund

Swakopmund

Christine Marais

Published
1980
Publisher
Gamsberg
ISBN
9780868480510

Waar Swakopmund vandag is, was minder as 'n honderd jaar gelede slegs 'n dooie woestynkus. Swakopmund is in 1892 as militére basis deur Curt von Francois gestig. Vandag is hierdie dorp met sy onmiskenbare Europese atmosfeer, sonder twyfel een van die mooiste dorpe in Suider-Afrika.

Christine Marais beeld met hierdie versameling ink-, waterverf- en pastelkrytsketse die tipies koloniale boustyl uit vervloé Duitse Ryk uit. As kunstenaar oortuig sy met haar akkurate weergawe van vroeére Swakopmundse argitektuur — van die bekende sowel as die minder bekende. Die meeste van hierdie geboue is tussen die jare 1900 en 1910 opgerig. Die sogenaamde Jugendstil met sy verskeidenheid van torinkies, boé en ornamentele bouwerk, het die sterkste invloed hier uitgeoefen. Hierdie boustyl was aan die begin van die eeu oorheersend in Europa. Vir elke kleurwerk is daar ook 'n oenskets in detail wat op die bepaalde gebou van toepassing s. Verklarende en interessante feite rond elke kunswerk af.

Die kern van hierdie boek is om die publiek bewus te maak van die gevare van sloping, asook die noodsaaklikheid om hierdie geboue te bewaar.